Die Saak Teen Kernkrag


 

Die vraag is: Watter soort Suid Afrika (en watter tipe wêreld) gaan ons benodig vir suksesvolle voortbestaan teen 2030 en watter energie tegnologie en strategieë het ons nodig om ons daar te kry? Die mees belangrike kwessies wat aangespreek moet word is:

  • Hoeveel gaan dit kos en wat is die eksterne kostes aan die omgewing en die toekomstige generasies?
  • Wie gaan bevoordeel word in terme van kapitaal, kontantvloei, werkverskaffing en vaardighede?
  • Watter energie oplossing is die veiligste, mees buigsame en koste-effektief?
  • Wat is die mees effektiewe manier om klimaatverandering aan te spreek?

KERNKRAG KOS TE VEEL

1 – Geen belegger of bank op aarde sal die kapitaal koste van nuwe kernkrag aandurf sonder die staat (lees belastingbetaler) se waarborg nie. Die direkteur van the Wêreld Kernkrag Assosiasie, Steve Kidd, sê dat dit totaal onmoontlik sal wees om definitiewe begrotings vir nuwe kernkrag tans vas te stel.

2 – Geen kernkragfabriek in die wêreld sal volle aanspreeklikheid aanvaar in die geval van ‘n ongeluk nie. Die koste van negatiewe gesondheid newe- effekte, versekering and regulasies word almal deur die belastingbetaler onderneem en sonder hierdie subsidies sal daar geen kernkrag bestaan nie.

3 – Geen belegger kan dit bekostig om vir langtermyn kernkrag afval of die buitewerkingstelling van afval te betaal nie, want die koste is onvoorspelbaar. Ons kan nie die koste bereken nie, want daar bestaan tans geen tegnologie wat langtermyn kernkragafval kan bestuur of bereken nie en die buitewerkingstelling van ‘n kernkragplant kan selfs meer kos as die boukoste daarvan. Die tyd raamwerk kan ook duisende jare behels en dit is buite die omvang van rasionele berekening.

KERNKRAG VERSKAF DIE MINSTE WERKSGELEENTHEDE

1 – Hernubare energie produksiestelsels en energie spaarsaamheid installasies soos LED, solar waterverhitting, ens voorsien meer en spaar meer energie en die sentraliseer beide kragproduksie en risiko. Hulle kan versprei word deur die land buite die bereik van die Eskom raamwerk en sodoende meer en vinniger werkverskaffing bring wat beter sal pas by die huidige werksvaardighede as wat kernkrag ooit sal kan.

2 – Selfs as ons kernkrag kies oor ander hernubare vorms van krag het ons nie voldoende gekwalifiseerde en ervare ingenieurs om die kernkrag installasies te ontwerp, reguleer en te bestuur nie en om die veiligheid van kernkrag installasies te monitor dwarsdeur die lewensduur van die installasie nie. Die enigste uitweg sal wees om ervare persone in te voer teen hoë betaling. Suid Afrika sal dan met ander lande vir hierdie vaardighede moet kompeteer en meeste lande het beter finansiële hulpbronne as ons.

KERNKRAG IS NIE GOEDKOOP, VEILIG OF EENVOUDIG NIE

Die kernkrag siklus bestaan uit mynwese, brandstof verreiking, brandstof vervaardiging, kernkrag fabriek operasie, afval bestuur en vervoer en dit alles het ‘n onherroeplike verband met die vervaardiging van kernwapens. Al die hoogs komplekse fases behels ernstige risikos vir veiligheid en die algehele verwoesting van die omgewing en natuur.

Die bemyning van uraan trek reuse radioaktiewe rotse van diep ondergronds op om vergruis te word en die stof en afval in die lug stel mense bloot aan die ernstige gesondheidsrisikos van radioaktiwiteit wat gepaard gaan met die ekologiese verwoesting wat dit veroorsaak. Die industrie gebruik groot hoeveelhede water en radioaktiewe afval en sure beland in die vars waterbronne bo- en ondergronds. Radioaktiwiteit respekteer geen grense nie!

Uraan verryking en die vervaardiging van brandstof stel aanmerklike hoeveelhede radioaktiwiteit en toksiese middels in die lug en water vry en dit stel alles in die omgewing bloot aan die gesondheids- en omgewings risikos.

Kernkrag installasies stel gereeld radioaktiewe fisie soos sesium en strontium vry gedurende normale operasie. Hierdie elemente, wat radioaktief is, is op ‘n chemiese vlak eenders as ander elemente wat noodsaaklik is vir lewe en dit word opgeneem en versamel deur die plante en diere wat ons eet en veroorsaak kanker en ander siektes.

KERNKRAG INSTALLASIES IS ‘N MASSIEWE SEKURITEITS BEDREIGING

Die Pelindaba “navorsing” reaktor (hierbo) het al twee inbrake gehad. Hoogs verreikte Uraan (HEU) wat gebruik word vir die vervaardiging van kernwapens (van SA bomme wat uitmekaargehaal is) word hier bewaar en was die teiken van professionele kriminele. Alhoewel hulle toegang tot die fasiliteit verkry het, het hulle gelukkig misluk daarin om die HEU te bereik.

As kernkragstasies veilig was, sou hulle nie evakuasie sones of ontruimingsplanne benodig nie. In geval van ‘n ongeluk is die ergste gevalle scenario nie versekerbaar nie. Skade deur bestraling word nie deur versekeraars ingesluit nie en al die geboue, besittings en eiendom wat geaffekteer is deur radioaktiwiteit word verlore. As kernkrag veilig was sou versekeraarsmaatskappye (wat risikobestuur goed verstaan) tog versekering aangebied het vir bestraling.

Kernkrag installasies moet vir n lang tyd werk as hulle die groot finansiele belegging wil terugkry, maar soos die installasies verouder, word hulle meer broos, breekbaar en bros en meer vatbaar vir onderbreking en mislukking.

Die vervoer van kernbrandstof en radioaktiewe afval het ‘n hoë risiko vir ongelukke en is ook vatbaar vir terroriste aanvalle. Na 60 jaar het die industrie nogsteeds nie ‘n manier gevind om met die dodelike afval te handel nie.

Kernwapens benodig tritium, plutonium of uraan om te werk. Tritium en polutonium kom van kernkragfabrieke en kernprosesserings fabrieke af. Dit beteken dat lande wat kernkrag het gewoonlik toegang to kernwapens het. Sonder kernkrag sou daar geen kernwapens bestaan nie.

1 – As dit by kernkrag kom is daar geen manier om ontslae te raak van die kernafval nie. Dit beteken dat kernafval net gestoor kan word totdat ‘n veilige manier gevind word om daarvan ontslae te raak. Op die oomblik word hierdie kernafval gestoor en beskerm teen geweldige koste.

2 – Die volgende lande besit kernkrag en kern wapens: USA, Rusland, Verenigde Koningkryk, Frankryk, Sjina, Indië, Pakistan, Israel, Noord Korea and Suid Afrika.

4 – Hierdie lande het kernkrag en daar word vermoed dat hulle tans kernwapens bou: Iran en Myanmar (Burma)

3 – Nie ‘n enkele land sonder kernkrag besit kernwapens nie en die enigste land wat geen kernkrag besit, maar wel verdink word dat hy kernwapens bou, is Israel. Daar word oor die algemeen geglo dat Israel wel oor kernkrag beskik.
KERNKRAG IS GEEN OPLOSSING VIR KLIMAATSVERANDERING NIE

1 – Die “omvalspunt” vir klimaatsverandering is die punt waarna globale verwarming nie meer teruggedraai kan word nie. Wetenskaplikes bereken dat hierdie punt bereik sal word sodra die koolstofdioksied (CO2) in die lug verby 450 dele per miljoen gaan. Hulle skat ook dat teen daardie stadium die gemiddelde globale temperatuur met twee grade sal styg, wat geweldige rampspoedige gevolge en grootskaalse verwoesting sal veroorsaak.

2 – Op die oomblik staan die koolsuurgas in die lug op 380 dele per miljoen en dit word bereken dat die omvalspunt bereik sal word binne die voldgende 23 jaar – teen die middel van 2020 – tensy iets NOU gedoen word!

3 – Kernkrag stel nie soveel CO2 vry as ander brandstowwe nie, maar dit is geweldig duur en stadig om te bou, met geweldige risiko vir die natuur en mens. Dit verplaas ook die kapasiteit om ander veiliger energiebronne te bou wat vinniger en veiliger is.

4 – As ‘n kernkragstasie vandag bestel word sal dit nie gereed wees om voor 2025 energie te produseer nie, en dit sal te laat wees om globale verwarming te voorkom.

5 – Energiebesparing is by ver die mees koste-effektiewe en vinnigste manier om CO2 te verminder. Mates wat meer energie bespaar kan dadelik in plek gestel word vir geboue, beligting, vervoer, kragopwekking en transmissie.

6 – ‘n Solar waterverhitter kan in EEN DAG geinstalleer word. Een miljoen waterverhitters met tydstellers wat teen 2020 geinstalleer kan word sal omtrent 3000 MW elektrisiteit en 26 miljoen ton CO2 spaar. Direkte sonlig is nogsteeds meer doeltreffend en goedkoper as elektrisiteit om water te verhit.

7 – Suid Afrika kan self nog meer elektrisiteit spaar deur passiewe solar waterverhitting, LED ligte, ens. in elke gebou te installeer. Hierdie installasies sal minder kos as om ‘n kragstasie te bou vir die hoeveelheid krag wat nodig sal wees met vandag se oneffektiewe kragopwekking.

8 – Windplase kan beplan en gebou word in twee tot drie jaar. Suid Afrika kan tot 10GW wind energie opbou teen 2020 en daarby 26 miljoen KW ure se elektrisiteit verskaf. Dit is die totale energie opbrengs van een kragstasie wat met kool werk.

9 – Suid Afrika het van die beste son- en windbronne in die wêreld. Windenergie is nou die goedkoopste van al die bronne. Solar panele en solar stasies is ook meer koste effektief. Die prys van hernubare energie daal nogsteeds en die koste van kernkrag styg wanneer die gevare wat getoon word deur Fukushima kernplant waar veiligheidsmaatreels verhoog moes word. Daar is geen twyfel dat wind en sonkrag teen 2020 die mees doeltreffende en goedkoopste bronne van energie opwekking sal wees nie. Brandstofkoste sal nul wees en die krag wat opgewek word sal geen CO2 vrystel nie.

10 – Ons sal 50 jaar benodig om genoeg kernkrag opwekkers te bou om selfs ‘n deel van die CO2 emissies te verminder en die gevaar van globale verwarming vry te spring. Dit sal te min en te laat wees om ‘n oplossing te vind.

ONS HET NIE DIE GELD OF DIE TYD NIE

Die kernkragbedryf is besig om af te neem en te verminder en desperasie spoor korrupsie aan om bestellings te bekom.

Rusland loop voor met met sy VVER 1200 reaktors, wat 8 reaktors op 3 plekke voorstel. Rusland bied vir arm lande (soos ons) die BOO of BOOT program wat beteken dat hulle die kapitaal en ondervinding om “Build Own and Operate” sub standaard reaktors te bou en die staat (belastingbetalers) moet dan oor die langtermyn die elektrisiteit koop teen die vasgestelde prys. Ons kapitaal word dus uitgevoer instede daarvan om dit vir die verbetering van ons eie kragbronne te gebruik.

Ons staat (belastingbetalers) moet dan vir Rusland vrystel teen enige rampe, ongelukke en negatiewe uitkomste. Wanneer die verkopers al die geld ontvang het, word hierdie oneffektiewe bates dan aan die staat toegedien. Natuurlik sal dit beteken dat werkverskaffing minimaal sal wees en op beste korttermyn en dit sal ook op ‘n geo-politiese basis plaasvind. Dit sal glad nie in die belang van die belastingbetaler en burgers wees nie. Alle kostes en die ekonomiese, ekologiese en gesondheidsrisiko word deur ons, die burgers van Suid Afrika, gedra.

DIE SAAK TEEN KERNKRAG: OPSOMMING

Neem asseblief die volgende feite in ag:

  • Daar is geen veilige dosis vir mensgemaakte radioaktiewe material nie.
  • Die risiko van kern ongelukke kan nie verseker word nie.
  • Kernkragstasies soos Koeberg het bewys dat kernkrag nie betroubaar is nie en dat dit ‘n groot bedreiging is vir nasionale sekuriteit.
  • Kernkrag kan slegs ’n minimale bydrae lewer tot die vermindering van CO2 in die lug en sal te duur wees om te implementeer.
  • Kernkrag vererger klimaatsverandering, want dit stuur geld weg van alternatiewe energiebronne en besparings maatreëls wat geimplementeer kan word om gas emissies te verlaag.
  • Lewensvatbare alternatiewe energie opwekking opsies is klaar bekombaar en dit is een van die nywerhede wat tans die vinnigste uitbrei.
  • Elke rand wat op kernkrag gespandeer word is ‘n rand wat nie op hernubare energie gespandeer word nie.

As jy ten gunste is van massiewe werksverskaffing en dalende energiekostes wat elke jaar minder sal wees, moet jy kernkrag opponeer en moet jy veilige, hernubare kragopwekking ondersteun!